Mathematics Wiskunde

English

Meesters & Doktorale

Die MSc in Wiskunde-graad neem gewoonlik twee jaar om te voltooi na ‘n Honneursgraad, of ‘n soortgelyke kwalifikasie. Dit is ‘n navorsingsgraad wat hoofsaaklik deur ‘n tesis geassesseer word. ‘n Individuele program word vir elke MSc student in samewerking met hulle studieleier ontwerp. Die program sal hoofsaaklik in die eerste jaar keuse modules en leeswerk behels, gevolg deur ‘n tydperk wanneer die proefskrif voorberei word.

Die PhD is ‘n navorsingsgraad, wat onderneem word deur kandidate wat ‘n MSc of soortgelyke kwalifikasie het. Die PhD word toegeken op grond van oorspronklike navorsing aangebied in ‘n proefskrif met die oog op publikasie in internasionale joernale. Sulke navorsingsstudente word gelei deur ‘n studieleier en is gewoonlik aktief betrokke by die navorsings- en onderrigaktiwiteite van die departement.

Toelatingsvereistes

Vir ‘n Meestersgraad in Wiskunde word ‘n geskikte Honneursgraad vereis en die aansoeker moet ‘n studieleier identifiseer en nader, en vasstel, voor die aansoek gedoen word.

Gegradueerdes werk saam met akademici in ‘n navorsingspesialiteit. Die verskillende navorsing groepe bied verskeie aktiwiteite wat kleur en lewe aan wiskunde bied in Stellenbosch. Dit sluit in:

  • Weeklikse navorsingseminare, aangebied deur lede van navorsingsgroepe.

  • Spesiale lesingreekse, aangebied deur internasionaal bekende deskundiges.

  • Colloquia, vir die uitbreiding van wiskundige kennis.

  • Nasionale en internasionale konferensies, byvoorbeeld, ‘n tweejaarlikse Internasionale Konferensie oor rekenkundige meetkunde en verwante areas.

  • Gereelde gespesialiseerde tematiese werkswinkels.

Vir meer inligting oor die navorsingsgroepe, klik asseblief hier.