Mathematics Wiskunde

English

Sentrum vir Eksperimentele Wiskunde

Ontstaan

Die Sentrum vir Eksperimentele Wiskunde (SEW) in die Departement Wiskundige Wetenskappe fokus op fundamentele wiskundige navorsing geïnspireer deur, of deur die gebruik van rekenaars. Die sentrum is gelei deur Prof Helmut Prodinger, ’n uitsonderlike kundige op die gebied van eksperimentele wiskunde tot sy aftrede in 2020. Gedurende hierdie tydperk het die SEW bygedra tot die totstandkoming van suksesvolle samewerking met soortgelyke instellings wêreldwyd, deur middel van gesamentlike navorsingsprojekte, die uitruil van navorsers en studente, asook navorsingsseminare en konferensies wat met onderlinge samewerking gereël is.

Doelwitte

Nuwe wiskundige insigte word dikwels verkry deur die waarneming van algemene patrone by ’n verskeidenheid van verskillende voorbeelde. Alhoewel die proses van patroonherkenning hoogs kreatief is, is die proses om die voorbeelde te genereer, veel minder kreatief. Met behulp van rekenaars word dit dikwels moontlik om groot hoeveelhede data van voorbeelde te skep ̶ ’n menslike ondersoek wat lei tot nuwe oorspronklike wiskundige idees. Dit gee ’n redelike breë (alhoewel nie allesinsluitende) opsomming van waaroor eksperimentele wiskunde handel. Die sentrum dien as platform vir die fasilitering van kreatiewe interaksie tussen plaaslike en internasionele studente en navorsers in verskillende dissiplines van wiskunde wat gebruik maak van rekenaargebaseerde eksperimentele metodes.

Contact details

Vir meer inligting, kontak prof Zurab Janelidze (zurab@sun.ac.za) of Dr Riana Roux (rianaroux@sun.ac.za), of Prof Brink van der Merwe (abvdm@sun.ac.za).

Virtual meeting space

Die webwerf van die sentrum is tans onder konstruksie, en daarom word die virtuele ruimte van Microsoft Teams vir al die sentrum se aktiwiteite gebruik: https://teams.microsoft.com/l/team/19%3ae20731845f394dc6859f93d68474f971%40thread.tacv2/conversations?groupId=e38cfbae-0678-40ee-818c-9c715e9ca008&tenantId=a6fa3b03-0a3c-4258-8433-a120dffcd348