Mathematics Wiskunde

English

DAAD In-Streek beurse

Die Wiskunde-afdeling het ‘n aantal volle koste DAAD In-Streek beurse beskikbaar vir MSc- of PhD-studie. Sien hier vir meer besonderhede.

Aansoekers moet permanente inwoners wees van ‘n land in Afrika suid van die Sahara, uitgesonderd Suid-Afrika. Vroulike aansoekers en kandidate uit minder bevoorregte streke of groepe word veral aangemoedig om aansoek te doen. As u reeds op Stellenbosch ingeskryf is vir ‘n MSc of PhD, is dit steeds moontlik om aansoek te doen vir ‘n DAAD-streekbeurs vir die oorblywende jare van u graad.