Mathematics Wiskunde

English

Nagraadse Studies

Hoekom moet ek ‘n graadstudie in Wiskunde oorweeg?

Navorsing in wiskunde word gekenmerk deur

  • oorspronklikheid
  • verbeelding
  • skoonheid
  • redenasie
  • die onverwagse …

Dit behels ruimte en getalle en die manier waarop dit verstaan word en spandeer tyd op die bou en bestudering van sekere patrone en strukture, en die oplossing van probleme lê in die hart van die vak. Hierdie kan vir ‘n bepaalde doel gedoen word, naamlik om ‘n diep wiskundige probleem werklik te verstaan en wêreld probleme op te los, of net vir hulle elegansie.

Na duisende jare van wiskundige navorsing, kan ‘n mens vra:

Is daar nog steeds oop probleme en uitdagings in wiskunde?

JA!

Wiskunde navorsing word gedryf deur die formulering van interessante probleme en die ontdekking van kreatiewe oplossings. Dikwels deur oplossings te vind, of selfs as jy nie ‘n probleem kan oplos nie, ontdek jy interessante vrae. Hierdie gee dikwels insig in probleme in toepassingsgebiede. Partykeer lei Wiskunde nie net wetenskaplike en tegnolosiese vooruitgang nie, dit volg hulle.

Hoekom moet ek oorweeg om gradueerstudies op Stellenbosch te doen?

Die Universiteit Stellenbosch is geleë in ‘n skilderagtige wyn gebied geleë in die berge, 50 km van Kaapstad, Suid-Afrika. Die klein dorpie bied ‘n vriendelike, informele atmosfeer vir studie en navorsing.

Wiskunde vorm een afdeling in die Departement Wiskundige Wetenskappe. Hierdie is die oudste departement in die Universiteit en het 35 voltydse akademiese personeel met aktiewe navorsingsbelange in ‘n verskeidenheid wiskundige dissiplines.

Nagraadse studente word met kantoorruimte en die gebruik van rekenaar fasiliteite en wiskundige sagteware voorsien. Studente assistent poste is beskikbaar vir gegradueerdes wat belangstel stel om betrokke te wees by voorgraadse tutoriale.

Daar is ook ‘n sterk interaksie met die African Institute for Mathematical Sciences in Muizenberg, wat toonaangewende internasionale wetenskaplikes lok en die geleentheid skep vir gesamentlike aktiwiteite, asook die uitbreiding van die studenteliggaam op ‘n interessante en opwindende wyse.

Waar is gegradueerdes in diens?

Opvoedkundige sektore, waardeur ander bemagtig word deur hulle onderrig in Wiskunde te bied; finansiële instellings; ander wetenskaplike gebiede; aktiwiteite waar skerp analitiese vaardighede word vereis.