Mathematics Wiskunde

Woensdag 17 Januarie 2018

Kansellierstoekening vir die uitvoerende hoof van die Departement van Wiskundige Wetenskappe

rewitzky

Prof Ingrid Rewitzky is een van drie akademici in die Fakulteit Natuurwetenskappe is met die Universiteit Stellenbosch se Kansellierstoekenning vereer vir hul prestasie in navorsing en leer en onderrig. Die toekennings is tydens die Desember 2018 gradeplegtigheid oorhandig. As Visedekaan vir Onderrig en Leer, was prof. Ingrid Rewitzky instrumenteel in die fasilitering en ondersteuning van ‘n akademiese benadering tot onderrig en leer in die Fakulteit Natuurwetenskappe. Dit sluit onder meer in die daarstelling van ‘n aktiewe Hub vir Onderrig en Leer en ‘n gedifferensieerde ondersteuningsprogram vir voorgraadse studente. Die impak van hierdie inisiatiewe kan gesien word in die verhoogde slaagsyfer van voorgraadse studente, en die toename in deelname van akademiese personeel in alle aspekte van onderrig en leer. In haar eie vakgebied, Wiskunde, het sy die ontwikkeling van aanlyn interaktiewe inhoud geïnspireer om die gaping tussen skool en universiteit te oorbrug, sowel as voortdurende hernuwing van programme en modules. Sy is tans ook hoof van die Departement Wiskundige Wetenskappe by die US.