Mathematics Wiskunde

English

Wiskunde Olimpiades

Ons voorgraadse studente neem aan verskeie voorgraadse Wiskunde Olimpiades deel, en die wiskunde afdeling dien ook in die organisering en onderrig van hoërskool Olimpiade studente.

Voorgraadse Wiskunde Olimpiades

Wits Wiskunde Olimpiade (voorgraadse afdeling)

Die Universiteit van die Witswatersrand Wiskunde Kompetisie het in 2018 begin en Stellenbosch Universiteit voorgraadse studente neem al van 2019 af deel. Daar is ‘n eerste rondte in Mei wat bestaan uit 15 veelkeuse vrae en ‘n final rondte in Oktober wat bestaan uit 10 vrae waar slegs ‘n antwoord vereis word en nog 2 vrae waar ‘n volledige oplossing of bewys vereis word.

Merkwaardige prestasies is dat ‘n Stellenbosch Universiteit student elke jaar sedert 2019 in die top 10 geplaas het, met vier top 10 plasings in 2021, en dat Ralph McDougall in 2020 en 2021 die algehele wenner was.

As jy belangstel om deel te neem, kontak asseblief vir Dr. Liam Baker.

SA Tersiêre Wiskunde Olimpiade (SATMO)

Die SATMO is in 2012 gestig en Stellenbosch Universiteir het elke jaar sedertdien deelgeneem. Die Olimpiade word in Augustus geskryf en bestaan uit 20 probleme waar slegs ‘n finale antwoord vereis word.

Merkwaardige prestasies is dat Ralph McDougall die algehele wenner in 2020 en 2021 (deel-wenner in 2021) was en dat in 2016 en 2018 Dylan Nelson en Robin Visser onderskeidelik die beste Honneursstudente was.

As jy belangstel om deel te neem, kontak asseblief vir Dr. Dirk Basson of regsitreer direk by die webtuiste hier onder:

  • SATMO webtuiste wat ook vorige vraestelle bevat en voormalige wenners lys.

Simon Marais Wiskunde Kompetisie

Simon Marais was ‘n Stellenboch alumnus wat in Australië gewerk het en hierdie kompetisie is ter nagedagtenis geskep. Stellenbosch Universiteit is (onder andere) uitgenooi om die eerste keer in 2021 deel te neem om ‘n “twee-tydsone” model te loods.

Die vraestelle volg die model van vele nasionale en internasionale Olimpiades wat ‘n lang tyd (3 ure) vir ‘n klein aantal probleme (4 probleme) gee. Die kompetisie bestaan uit twee vraestelle wat op dieselfde dag geskryf word. Volledige oplossings word vereis.

As jy belangstel om deel te neem, kontak asseblief vir Dr. Dirk Basson

Internasionale Wiskunde Kompetisie

Die Internasionale Wiskunde Kompetisie is ‘n kompetisie vir voorgraadse studente wat gewoonlik in Bulgarye plaasvind. Gewoonlik skryf elke universiteit ‘n span van vier studente in, maar weens begrotingstekorte, administreer en befonds die South African Mathematics Foundation (SAMF) die seleksie van een verenigte Suid Afrikaanse span. Daar is ‘n seleksietoets in Julie, maar om daarvoor te kwalifiseer moet jy die voorafgaande jaar beide die SATMO en die Simon Marais kompetisies skryf (en dit sal nie seermaak om ook die Wits Kompetisie te skryf nie).

Daar is geen registrasie hiervoor nie; indien jy kwalifiseer sal jy gekontak word.

SAMF Desember Kamp

Elke jaar in ongeveer die eerste week van Desember bied ons ‘n kamp aan vir omtrent 50 hoërskool studente waar ons hulle oplei in olimpiade-inderwerpe en toetse uitvoer wat deel van die keuringsproses van nasionale spanne vir die Pan African Mathematical Olympiad en die International Mathematical Olympiad vorm.

Daar is geen registrasie hiervoor nie; indien jy kwalifiseer sal jy by die South African Mathematics Foundation gekontak word.

Suid Afrikaans Wiskunde Spanne Kompetisie

Die SAMTC (voorheen bekend as die Inter-provinsiale Wiskunde Olimpiade of IPWO) is sedert 1990 ‘n jaarlikse gebeurtenis wat gewoonlik op ‘n Saterdag in September plaasvind. Dit bestaan uit ‘n individuele vraestel en ‘n spanvraestel, en die spanne word dan volgens hul totale tellings gerangskik. Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad neem gewoonlik beurte om die Westelike Provinsie- en Boland-spanne te huisves, en van ons personeel en ondergraadse studente help om die kompetisie te organiseer.

As jy belangstel om deel te neem en in die Boland bly, kontak asseblief vir Dr. Liam Baker.